魔鏡歌詞網
魔鏡歌詞網 > 歐美歌手 > Kobus! > Aardskok

Kobus!



歌詞
專輯列表

Kobus!

Aardskok

作詞:Francois Blom, Theo Crous

Die aarde is aan die brand
Die aardskok rol regdeur die land
Miermense skarrel ondergrond sonder vrug
Eensame aasvoëls stippel die lug

Ons hardloop hand aan hand
Deur die gloeiende kole op blouberg se strand
Die wind waai warm deur die wolke van bo
Swart soos die trane in jou oë

Die mal verwarring sleur ons mee
Saam met gillende mense langs die brandende see
Ek voel jy struikel en my hart stop van skrik
Skielik word jou hand uit myne geruk

Ek veg vergeefs deur die mensevlaag
Terwyl jy verder weggevoer word in die dolle gejaag
Ek gil jou naam maar my woorde kwyn
Terwyl ek magteloos toekyk hoe jy tussen die mense verdwyn

Die pad is krom ons gids is stom
Party sê hul weet maar die meeste is dom
更多更詳盡歌詞 在 ※ Mojim.com 魔鏡歌詞網
Deur al hierdie chaos sal ek jou kry
Ek moet jou weer kry

Ek soek jou in doodloopstrate
Winkelsentrums, koud verlate
Ek dwaal tussen mense
Rusteloos soos ek in hierdie dooie plek

Die pad is krom ons gids is stom
Party sê hul weet maar die meeste is dom
Deur al hierdie chaos sal ek jou kry
Ek moet jou weer kry

Die dae gaan nou vinnig verby
Met hierdie mal nuwe wêreld rondom my
Om elke hoek dink ek hoor ek jou stem
Maar teleurstellings kerf my hart soos 'n lem

Ek hoop dat jy ook na my soek
Dat jy ons liefde onthou deur hierdie aardse vloek
Ek dink aan jou glimlag teen my groeiende vrees
Ek dink aan jou my liefling waar jy ookal mag wees