魔鏡歌詞網
魔鏡歌詞網 > 歐美歌手 > Kobus! > Spieël In 'n Raaisel

Kobus!



歌詞
專輯列表

Kobus!

Spieël In 'n Raaisel

作詞:Francois Blom, Theo Crous

Ouma en oupa, tante en oom
Hoeveel seisoenkringe is daar reeds gekerf
Binne die stam van jou lewensboom
Die dinge wat jy ken

Word in skadus vervorm, vervreem
Hul begin sag weggly
Onmoontlik om saam te neem

Gryskop en kaalkop, man en mannin
Hoeveel somers het jy natgehuil?
Hoeveel winters staar jy kole in?
Dae word bevrore nagte

En nagte smelt weer tot dae
En die herfsblare sweef al digter
Oor die antwoorde vir jou vrae

Daar's giftige vrees in jou oë, kyk
更多更詳盡歌詞 在 ※ Mojim.com 魔鏡歌詞網
Dis ouderdom, niks besonders
Daar's giftige vrees op jou asem, ruik
Daar gaan die son al weer onder

Ons kyk deur 'n spieël in 'n raaisel
Sterre word dowwer, blomme verwelk
Die illusie van gister se skaterlag
Sagter en sagter en sagter en sagter

Die valse waarhede jaar na jaar
Word ware leuens
Die droom dat jy altyd gaan lewe
Laat jou vasklou, laat jou glo jy het vleuels

Ons kyk deur 'n spieël in 'n raaisel
Sterre word dowwer, blomme verwelk
Die illusie van gister se skaterlag
Sagter en sagter en sagter en sagter